Sunday, 21 September 2008

Epping Woud Londen





Die 20ste September 2008 het ons bietjie in Epping woud gaan fiets ry. Dit is die grootste en oudste woud nabyaan Londen. Die woud het sy bestaan so 8000 BC begin net na die ys periode en was deel van die Henry VII en Elizabeth I se jag velde.

Die woud is so 2476 hektar groot en daar groei meestal wat hulle noem Veteraan bome. Dit is bome want baie oud en baie groot al is wat belangrik vir kuturele en natuurlike waardes is. Hierdie bome groei al vir honderde tot duisende jare party is al hol binne en klein diere gebruik dis dit vir skuil plek. Daar is oor die 50,000 bome wat die een van die belangrikste woude in Europa maak. Daar groei Oak, Crab Apple, Beech, Hornbeam.

In 1878 het hulle 'n wet verwyder sodat algemene mense nie meer hout mag af kap van enige bome in die woud nie. Die algemene mense het die hout altyd gebruik vir vuur maak. Hulle se dat 'n Oak boom 300 jaar groei dan 300 jaar rus en dan nog 300 jaar aftree.

Dit was regtig een van die mooiste woude wat ek nogal gesien het en ek hoop ons gaan nog baie terug gaan.