Sunday, 2 November 2008

Wit Kraag Boks (WhiteColarBoxing)















Hierdie jaar het my werk (Smith and Williamson) besluit hulle wil aan 'n Wit Kraag Boks aand deelneem en my baas is maar bietjie oorgewig so toe vra hulle of ek dit wil doen. Ek het nog nooit geboks nie en besluit toe om dit te doen. Die van julle wat nie weet wat Wit Kraag Boks is nie, dit is basies twee ouens wat nog nooit profesioneel geboks het nie, wat oefen vir 'n paar weke en dan mekaar aan vat in die ring. Jy boks met 16oz bokshandskoene en 'n kop masker net soos daai in die Olimpiese Spele.

Daar is 'n boks gym(http://www.peacockgym.com/) reg oorkant die straat van ons af wat ek al jare verby ry so toe sluit ek sommer daar aan. Ek het die Maandae aande daar geoefen want hulle het sulke aande vir amatuere wat wil leer om te boks. Jy begin in die ring opwarm deur 'n paar houe te gooi en jou ligaam posisie reg te kry. Daarna bly twee manne in die ring agter en hulle "spaar" teen mekaar. Jy oefen om jou houe reg te kry en doen so 4 rondtes van 2 minuute elk. Terwyl hulle dit doen oefen die ander ouens op slaan sakke en ook saam met die trainer. Hy hou van daai kusing goed oor sy hande en se dan vir jou slaan twee met die linker hand dan regs en wys vir jou watse kombinasies jy kan oefen. Nadat almal saam gespaar het en saam met hom geoefen het doen jy dan maag oefeninge.

Ek wou vir 5 weke geoefen het maar was toe te besig by die werk en het toe ook verkoue gehad en kon toe net vir so 3 weke oefen. Die aand breek toe aan en ek was verbaas om te sien daar is so baie mense wat die aand by woon. Daar was 80 tafels van so 10 mense per tafel! Die ander ding wat ook nie te lekker was nie was dat ek 12 uur die aand eers geveg het. Noudat ek na die video kyk kon ek sien ek was moeg en het heeltyd my kop laat sak wat baie gevaarlik is. Dit was lekker ondervinding en ek is bly ek weet nou hoe boks ook werk en die oefening is regtig een van die moeilikste wat ek nog ooit gedoen het. Nou hang ek my boks handskoene op en sal dit defnitief gebruik om fiks te word en die maag oefeninge gebruik om my core spiere sterk te kry vir die klim. Maar dis omtrent hoe naby ek aan die ring sal kom...