Tuesday, 27 January 2009

Die Nuwe Jaar is op ons 2009

Alweer 'n jaar wat verby is en die tyd vlieg net vinniger en vinnger! Hierdie jaar gaan seker nog vinniger verby gaan en dan is ons almal lekker oud en getroud. Nee nie ons nie maar baie mense wat ons ken trou so in die begin van 2009 en baie van hulle wil ook sommer net na hulle getrou het klein kiddies maak.

Jo nee ons is nog nie op daai stasie nie maar almal gaan seker maar daar deur een of ander tyd. Ek dink kinders sal befok wees maar op die regte tyd JA veral as jy in ons era lewe. Partykeer wonder ek of hierdie oukies regtig weet wat dit is om kinders groot te maak. Ons het 'n paar jaar terug saam met my suster se kind weg gegaan en hy is regtig baie baie oulik maar jo dit is toe ek sien hoe baie werk kinders is. Mens moet baie tyd saam met hulle spandeer en op 'n seker ouderdom altyd kyk en wakker wees wat hulle doen wat natuurlik is. Maar ek dink as jy nog jonk is en jouself besig hou met ander dinge sal jy regtig moet tyd maak vir jou kind om hom reg te leer en baie aandag te gee wat een van die belangrikste ding is vir enige kind.

Ek sal daar van hou om hom of haar mooi te leer van die wereld en die wereld se tyd saam met hulle deur bring. Om goed deur hulle oe te sien en te sien hoe hulle voor jou groot word is seker een van die lekkerste dinge en voorregte wat Die Here vir ons gegee het.

So die dag sal kom maar nog nie nou nie en Die Here weet in elk geval waneer die tyd reg is dan sal hy die laat plaasvind.