Aug 12 2007
Stap Tog Teen Misdaad in Suid-Afrika
Dit was die naweek van die 11 Augustus 2007 en ons het 'n stap tog gedoen teen misdaad. Die mense wat dit gereel het, het regtig begin moeg raak vir al die misdaad in Suid-Afrika en omdat een van hulle goeie vriende in 'n rooftog dood geskiet is waar die rowers nie eers iets gesteel het nie.
Ons het besluit om saam te loop want ons hoor elke dag van al die mense in Suid-Afrika wat dood gemaak word vir niks en dat die rowers weg kom met enige iets wat hulle wil doen en steel. Mense word vermoor vir aardse goed soos karre en cellfone en dom goed wat nie 'n mens se lewe werd is nie. Die regering probeer om iets te doen maar ek dink nie almal in die regering voel dieselfde oor die saak nie. Party dink ag wat ek het baie geld om myself te beskerm so hoekom moet ek omgee oor die normale persoon op straat. Misdaad tref ook nie net party mense nie die tref almal pienk, bruin, swart, wit almal onder die son van ons land.
Die polisie probeer hul beste maar die salaris wat hulle kry maak dit nie die moeite werd om hulle lewens op die spel te plaas nie. Ons moet regtig begin mooi kyk hoe ons misdaad gaan bekamp want die kan so 'n mooi land soos ons sin heeltemal op neek en almal sal saam my stem dat ons sêker een van die mooiste land tewêreld het. Die ewel van misdaad kan alles vir almal befok!
Dan is daar ook die mense wat kla en kla maar nie saam staan en begin stap togte reel of eers sal deelneem aan iets wat misdaad beveg nie ons almal het goed wat ons wil doen oor naweke maar ek het regtig eers die naweek besef as jy net een keer een dag uit jou lewe kan spaar om deel teneem aan 'n stap tog dit maak 'n groot verskil. Daar was sêker soos 1000 mense wat saam geloop het en dit is vir 'n goeie doel. Daar is so veel kinders en ou mense en onskuldige mense wat benadeel word deur misdaad mens moet iets begin doen. Jy moet nie wag tot iemand anders iets doen of iets met jou gebeur voor jy iets doen nie. Almal wil 'n vrede en veiligheid bly en nie stress dat iemand jou gaan aanval nie.
Ek en Jenni gaan nog aan baie sulke goed deelneem al moet ons, ons naweke op offer en al moet ons kaal uittrek om te wys dit is hoe die mense in Suid-Afrika voel teen die misdadigers. Jy sal nie glo hoe lekker dit is om saam te staan vir 'n goeie doel nie al ken jy nie eers die mense nie jy weet almal is daar vir een doel om 'n boodskap oor tedra.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2163512,00.html
11 June 2007
World Naked Bike Ride
Die naweek wat verby was het ons deel geneem aan die World Naked Bike Ride http://www.worldnakedbikeride.org/uk/ in Londen.
Ons het besluit om dit te doen omdat ons ook al moeg raak vir al die mense en goevermente wat net wil nie luister en ophou om ons planeet op te donder nie. Een van die dae gaan ons almal nie meer normal kan rond loop en lekker vars lug in asem nie want al die lug gaan besoedel wees. Ongesonde lug kan menslike produktiwiteit en die produksiepotensiaal van diers en plante verminder.
Die hoof oorsaak van lug besoedeling is motors en energie verskafers wat fossielbrandstowwe gebruik om energie op te wek. As mense meer hernubare enegriebronnne kan ontwikkel en dalk hul motors minder gebruik en meer fiets ry of loop sal die lug gehaalte beter wees vir almal en ons sal gesond kan lewe vir nog baie jare op die aarde.
So begin bietjie fiets ry en weer loop al dink jy nie jy aleen gaan 'n verskil maar nie dink ek jy sal want as elke persoon net sien die ander persoon ry fiets sal hy begin dink om dit ook te doen. Of reel ook 'n fiets ry petisie erens, dit hoef nou nie 'n naakte een te wees nie maar net een wat mense bietjie laat dink om ander maniere te gebruik om te reis!
No comments:
Post a Comment