Na 'n lang 3maande het ek gister aand my Ysterperd klaar gemaak! Ek het begin met net die raam en sitplek. Ek het die res van die goed op ebay en die internet gekoop. Ek beste ding van die fiets is hy het geen ratte nie en werk lekker basies sonder enige extra on nodige goed.
Die naweek van 10-07-2009 was ons na die Champagne distrik in Frankryk! Ons het eers Parys toe met die Eurostar gery en toe Rheims en daar gebly in 'n backpackers. Die Saterdag het ons 'n champagne toer by die Mumm Huis gaan doen. Mumm was in 1761 begin deur P. A Mumm se drie seuns Jacobus, Gottlieb en Phillip wat Duitsers was. Dit was baie intresant om in hulle kellder rond te loop hy is 14m onder die grond en dit bly 10 grade celsius met 90% humiditeit heel jaar elke jaar. Ons het die meeste van hulle Mumm De Cramant gehou hy het baie klein borels en was altyd net reserve vir directors en vriende van die huis ons het ook een bottel gekoop vir 51 euro.
Na die Mumm toer het ons bietjie by die mark rond geloop waar daar baie mooi groente en vrugte en tweede hands goed was. Ons moes toe 2 uur in Mancy wees om 'n bergfiets toer deur die wynlande te doen. Dit was die hoogte punt van die hele Champagne. Hulle gee vir jou die fietse en 'n map waar hulle 'n roete uit gewerk het. Ons het by die pub in die video hier onder 'n bier gaan drink en moes 5:30 terug wees by Champagne Huis " Domi Moreau " waar ons die fiets gehuur het. Hulle besit 9 hektar se druiwe velde en maak hulle eie Champagne met 6 en verkoop 3 aand Mumm en ander Champagne huise. Die aand het ons toe weer gaan uit eet en wyn drink die Franse weet darem hoe om lekker kos te maak! Die Sondag oggend het ons vroeg terug Parys toe gery want ons moes weer die trein van daar af kry Londen toe. Ons het in Parys rond geloop verby die Eiffeltoring af na die Arc de Triomphe en met die Avenue des Champs-Elysees tot by Champs-Elysees stasie. Daar het ons die trein terug gevat na Parys de North waar ons die eurostar moet vat. Ons kon nie seels kry vir ons poskaarte nie want jy kan dit net by 'n poskantoor koop en almal was toe op Sondae.
My eerste keer Frankryk toe! Ons het Gatwick toe gery met ons ou karretjie so 4 uur die oggend. Daar het ons die kar gelos en met Aerlingus gevlieg. Ons het in Nice geland en moes 'n trein van daaraf vat Mandelieu-La Napoule toe. Die kaartjie koop was sports want alles is in Frans en toe kyk ek maar wat doen die ander mense en toe kom ons reg. Ons ry toe tot by Cannes en moet weer daar ruil en verder ry tot by Mandelieu-La Napoule. By Cannes het ons 'n baie ou cool trein gevat, hy was so oud van die vensters kon nie eers meer oop nie. Ons kom toe so 12 uur in Mandelieu-La Napoule aan en probeer kyk hoe om by die resort uit te kom. Ek vra die vrou by die stasie maar sy praat nie Engels nie of so se sy, sy probeer ons nie eers verduidelik nie en ek se toe vir haar in Afrikaans 'Wel ek praat ook nie Frans nie'.
Die Franse wil mos nie Engels praat nie, wat ek kan verstaan maar om iemand nie eers te probeer help nie is vir my belaglik en wys dat hulle maar nie goeie mense is nie. Hulle wil basies se hulle is beter as ander en sal jou nie help nie. Hulle kom ook nie uit die pad uit as jy in die straat af loop nie wat in ander lande mense sal darem probeer vir mekaar spasie maak om verby te kom net soos ons maak. Ander mense is weer baie hulpsaam. Ons het toe verdwaal maar soos op alle avonture en toe vra ek hier die aflewerings oukie vir direksies hy gee ons sommer toe 'n lift maar na die verkeerde plek wat hy kan ook nie Engels praat nie maar sien hy het ons darem probeer help nie soos nie ander tannie nie. Hy laai ons toe so 45min se loop van die resort af en daar begin ons stap, ek met 'n 20kg sak op die rug en Jen met net so baie sakke.
Na 'n lang stappie kom ons toe by die plek aan moeg en papnat gesweet want dit is flippen warm daar in die Franse Riviera. Ons pak toe maar uit en gaan sommer reguit strand toe. Dit was regtig baie lekker en interresant daar in die Frankryk. Ons het wyn en kos gekoop vir goedkoop die wyn was maar £1.50 per botttel en dit is vir wyn van Bordeaux. Alles is net beter in Frankryk vergelykend met Engeland en alles is baie dieselfde opgestel as Suid-Afrika.
Ek het laas in 2004 gestem in Suid-Afrika by my ou Laerskool Witpoortjie en kan julle dit glo toe stem ons sommer in Londen vanoggend. Ek voel baie positief oor Suid-Afrika en in elk geval as die D@ nie wen nie of baie stemme by die @NC af vat nie maak dit in elk geval nie saak nie want Die Here is die finale Regter Die Regter wat alles oordeel en Hy sal besluit wat in Suid-Afrika gebeur. Die Suid-Afrikaanse Embassy is flippen mooi binne dit het nog die ou tekeninge van die Voortrekkers en Jan van Riebeeck binne waar ons gestem het en net om daar te kon stem was 'n groot voorreg vir ons.