Wednesday, 1 July 2009

Mandelieu-La Napoule Frankryk

My eerste keer Frankryk toe! Ons het Gatwick toe gery met ons ou karretjie so 4 uur die oggend. Daar het ons die kar gelos en met Aerlingus gevlieg. Ons het in Nice geland en moes 'n trein van daaraf vat Mandelieu-La Napoule toe. Die kaartjie koop was sports want alles is in Frans en toe kyk ek maar wat doen die ander mense en toe kom ons reg. Ons ry toe tot by Cannes en moet weer daar ruil en verder ry tot by Mandelieu-La Napoule. By Cannes het ons 'n baie ou cool trein gevat, hy was so oud van die vensters kon nie eers meer oop nie. Ons kom toe so 12 uur in Mandelieu-La Napoule aan en probeer kyk hoe om by die resort uit te kom. Ek vra die vrou by die stasie maar sy praat nie Engels nie of so se sy, sy probeer ons nie eers verduidelik nie en ek se toe vir haar in Afrikaans 'Wel ek praat ook nie Frans nie'.

Die Franse wil mos nie Engels praat nie, wat ek kan verstaan maar om iemand nie eers te probeer help nie is vir my belaglik en wys dat hulle maar nie goeie mense is nie. Hulle wil basies se hulle is beter as ander en sal jou nie help nie. Hulle kom ook nie uit die pad uit as jy in die straat af loop nie wat in ander lande mense sal darem probeer vir mekaar spasie maak om verby te kom net soos ons maak. Ander mense is weer baie hulpsaam. Ons het toe verdwaal maar soos op alle avonture en toe vra ek hier die aflewerings oukie vir direksies hy gee ons sommer toe 'n lift maar na die verkeerde plek wat hy kan ook nie Engels praat nie maar sien hy het ons darem probeer help nie soos nie ander tannie nie. Hy laai ons toe so 45min se loop van die resort af en daar begin ons stap, ek met 'n 20kg sak op die rug en Jen met net so baie sakke.

Na 'n lang stappie kom ons toe by die plek aan moeg en papnat gesweet want dit is flippen warm daar in die Franse Riviera. Ons pak toe maar uit en gaan sommer reguit strand toe. Dit was regtig baie lekker en interresant daar in die Frankryk. Ons het wyn en kos gekoop vir goedkoop die wyn was maar £1.50 per botttel en dit is vir wyn van Bordeaux. Alles is net beter in Frankryk vergelykend met Engeland en alles is baie dieselfde opgestel as Suid-Afrika.


















No comments: