Die naweek van 10-07-2009 was ons na die Champagne distrik in Frankryk! Ons het eers Parys toe met die Eurostar gery en toe Rheims en daar gebly in 'n backpackers. Die Saterdag het ons 'n champagne toer by die Mumm Huis gaan doen. Mumm was in 1761 begin deur P. A Mumm se drie seuns Jacobus, Gottlieb en Phillip wat Duitsers was. Dit was baie intresant om in hulle kellder rond te loop hy is 14m onder die grond en dit bly 10 grade celsius met 90% humiditeit heel jaar elke jaar. Ons het die meeste van hulle Mumm De Cramant gehou hy het baie klein borels en was altyd net reserve vir directors en vriende van die huis ons het ook een bottel gekoop vir 51 euro.
Na die Mumm toer het ons bietjie by die mark rond geloop waar daar baie mooi groente en vrugte en tweede hands goed was. Ons moes toe 2 uur in Mancy wees om 'n bergfiets toer deur die wynlande te doen. Dit was die hoogte punt van die hele Champagne. Hulle gee vir jou die fietse en 'n map waar hulle 'n roete uit gewerk het. Ons het by die pub in die video hier onder 'n bier gaan drink en moes 5:30 terug wees by Champagne Huis " Domi Moreau " waar ons die fiets gehuur het. Hulle besit 9 hektar se druiwe velde en maak hulle eie Champagne met 6 en verkoop 3 aand Mumm en ander Champagne huise. Die aand het ons toe weer gaan uit eet en wyn drink die Franse weet darem hoe om lekker kos te maak! Die Sondag oggend het ons vroeg terug Parys toe gery want ons moes weer die trein van daar af kry Londen toe. Ons het in Parys rond geloop verby die Eiffeltoring af na die Arc de Triomphe en met die Avenue des Champs-Elysees tot by Champs-Elysees stasie. Daar het ons die trein terug gevat na Parys de North waar ons die eurostar moet vat. Ons kon nie seels kry vir ons poskaarte nie want jy kan dit net by 'n poskantoor koop en almal was toe op Sondae.
http://www.mumm.com/histoire/?page=premiere_maison&id=ac788596663a91d478f36ffb3f3c2634&subid=18fd3
http://www.champagne-domimoreau.com/pages/welcome.html
http://www.bistrot-madelon.com/
Parys
Parys
Parys