Hierdie sampioene het in Febuarie 2008 in ons Boven tuin op gekom! Baie snaaks nienamd het iets daar geplant of begrawe nie so ver ek weet. Miskien is dit van die goud van die Kruger Rande wat dit so lekker groei. Die wonderlike Tannie laans aan het dit afgeneem.
Ek het laas die reen spinnekop in my boet se kamer gevag en laat gaan buite in die tuin. Na ek die mannetjie gewag het en laat gaan het toe kry ons nog ook die vroutjie wat baie klein was wat ek ook toe laat gaan het. As ek nou reg is dat die mannetjie groter is as die vroutjie. Hulle was intussen lekker besig in sy kamer want toe is daar honderde klein spinnekoppe oral op die mure.
Dit is Januarie 2010 ons is laas jaar uit genooi na Marvin en Carlotta se troue in Hong Kong. Ek het Marv so vier jaar terug ontmoet toe ons altwee by Global (China) Trader in Londen gewerk het en is maar van daar af vriende. Hy het drie jaar terug weer terug getrek Hong Kong toe na hy in Engeland van die ouderdom van 7 tot 25 gebly het. Sy Ma is Sjinees en Pa Engels. Hy het my ook gevra om sy strooijonker te wees en dit was 'n groot eer. Ons het toe beplan om een week in Hong Kong te wees en dan vir twee weke Thailand toe te gaan. Die troue was iets besonders want ek dink dit sal ons eerste en enigste Sjineese troue in ons lewe seker wees. My toespraak was nie die beste nie want ek en die Engels loop nie hand aan hand nie maar ek het my beste probeer! Daar was so 350 mense en gelukkige het baie van hulle nie eers Engels gepraat nie. Dit was ons tweede keer in Hong Kong maar defnitief een die beste. Carlotta kan vlot Cantonese praat en lees en sy het uit haar pad uit gegaan om ons na traditionele Sjineese eet plekke toe te vat en ons ook alles vertel van hulle kultuur. Ek moet se die mense in Hong Kong is van die vriendelikste mense in die wereld! Oral waar jy gaan groet hulle jou en in winkels en restaurante help hulle jou dadelik met baie vriendelikheid. Ek sal eendag weer daar 'n draai wil gaan maak! Mense kan baie leer van ander kulture veral as hulle sulke goeie maniere het.
Sit op Phi Phi Eiland in Thailand drink ys koffie shake en gaan nou op die strand loop en fotos neem. Weer is flippen lekker het 3 dae gevat om gewoonte te raak aan hitte!