Sunday, 7 March 2010

Sjinees Troue van Marvin en Carlotta

Dit is Januarie 2010 ons is laas jaar uit genooi na Marvin en Carlotta se troue in Hong Kong. Ek het Marv so vier jaar terug ontmoet toe ons altwee by Global (China) Trader in Londen gewerk het en is maar van daar af vriende. Hy het drie jaar terug weer terug getrek Hong Kong toe na hy in Engeland van die ouderdom van 7 tot 25 gebly het. Sy Ma is Sjinees en Pa Engels. Hy het my ook gevra om sy strooijonker te wees en dit was 'n groot eer. Ons het toe beplan om een week in Hong Kong te wees en dan vir twee weke Thailand toe te gaan. Die troue was iets besonders want ek dink dit sal ons eerste en enigste Sjineese troue in ons lewe seker wees. My toespraak was nie die beste nie want ek en die Engels loop nie hand aan hand nie maar ek het my beste probeer! Daar was so 350 mense en gelukkige het baie van hulle nie eers Engels gepraat nie. Dit was ons tweede keer in Hong Kong maar defnitief een die beste. Carlotta kan vlot Cantonese praat en lees en sy het uit haar pad uit gegaan om ons na traditionele Sjineese eet plekke toe te vat en ons ook alles vertel van hulle kultuur. Ek moet se die mense in Hong Kong is van die vriendelikste mense in die wereld! Oral waar jy gaan groet hulle jou en in winkels en restaurante help hulle jou dadelik met baie vriendelikheid. Ek sal eendag weer daar 'n draai wil gaan maak! Mense kan baie leer van ander kulture veral as hulle sulke goeie maniere het.






Eerste Gereg


Haai Fin Sop!


No comments: