Glastonbury is deur die boer Michael Eavis in 1970 op sy plaas vir die eerste keer gehou en is een van die grootste musiek feeste ter wereld. Daar is ook nie net musiek nie maar ook toneel spel en ander interessante dele. Die fees was baie beinvloed deur die Hippie kultuur van die 1960's en daar is tot vandag toe 'n Green Futures/Healing Fields deel. Ons het besluit om die oggend so 4 uur te ry want ons moes reg deur Londen ry.
Na 4 ure se ry was ons daar en het gedink daar gaan nog baie plek wees want ons was vroeg maar daar was amper niks nie net 'n klein gaatjie reg langs die pad. Die deel waar ons moes kamp was ook nog reg aan die ander kant van waar ons in gekom het en dit het ons so uur se loop gevat om daar uit te kom. Geen grappies nie regtig! Die ander gedagte is waar gaan 250 000 mense toilet toe?? Daar word groot staal toilette oral neer gesit en ook vir die manne darem staan pie plekke. Een ding moet ek se al was die toilet ondervinding baie snaaks was daar genoeg toilette vir almal en ons mos nie een keer wag vir een nie.
Dit was regtig een van die lekkerste en intressantste feeste waar ons nog was en raai enige iemand aan om dit te kom doen. Kyk na die foto's en die see van tente! Lekker