Die boer is nogal baie natuurbewus en daar is oral herwinnings dele waar jy jou papier, glas en plastiek kan skei en ingooi. Daar is ook solar storte wat sommer in daai groot staal houers wat hulle op skeppe vervoer in gebou is.
Die oggend probeer om vroeg op te staan en die pad gevat na Portland so 30min se ry van daar af. Dit is 'n eiland wat Portland genoem word en hier is waar mens lymsteen rots rande kry wat jy kan klim. Die klim roetes is almal gebolt en ek moet se as die son skyn is dit een van die lekkerste en mooiste plekke waar ek nog gaan klim het. Selfs die eiland lyk asof dit nie in Engeland behoort nie met 'n mediterreense klimaat gevoel aan dit met groot wit klippe wat oral le tussen mooi groen bosse en die helder blou see. Ons het 'n hele paar roetes geklim en ek het ook probeer om alles te onsite wat ek nogal reg gekry het.
Die aand na die klim het ons op die klippies strand wat deel is van die boer se plaas gaan braai en sit en kuier. Die klippies is nogal lekker om op te sit ek het eers gedink dit sal nie maar toe is dit heel gemaklik. Dit het natuurlik altwee aande gereen en toe ongelukkig die tweede dag ook. Toe pak ons maar die wa ek ry stadig terug Londen toe.
Dit was 'n baie lekker naweek maar in Engeland werk dit nou maar so dat daar altyd die moontlikheid is dat dit dalk een dag kan reen. As dit nie elke dag reen nie...Maar reen is jy defnitief gewaarborg.
No comments:
Post a Comment