Wednesday, 15 October 2008

World Naked Bike Ride

Die naweek van die 9de Junie 2007 wat verby was het ons deel geneem aan die World Naked Bike Ride http://www.worldnakedbikeride.org/uk/ in Londen.
Ons het besluit om dit te doen omdat ons ook al moeg raak vir al die mense en goevermente wat net wil nie luister en ophou om ons planeet op te donder nie. Een van die dae gaan ons almal nie meer normal kan rond loop en lekker vars lug in asem nie want al die lug gaan besoedel wees. Ongesonde lug kan menslike produktiwiteit en die produksiepotensiaal van diers en plante verminder.
Die hoof oorsaak van lug besoedeling is motors en energie verskafers wat fossielbrandstowwe gebruik om energie op te wek. As mense meer hernubare enegriebronnne kan ontwikkel en dalk hul motors minder gebruik en meer fiets ry of loop sal die lug gehaalte beter wees vir almal en ons sal gesond kan lewe vir nog baie jare op die aarde.
So begin bietjie fiets ry en weer loop al dink jy nie jy aleen gaan 'n verskil maar nie dink ek jy sal want as elke persoon net sien die ander persoon ry fiets sal hy begin dink om dit ook te doen. Of reel ook 'n fiets ry petisie erens, dit hoef nou nie 'n naakte een te wees nie maar net een wat mense bietjie laat dink om ander maniere te gebruik om te reis!

No comments: