Thursday, 9 April 2009

Waterval Boven 2009

Ons was weer eens Boven toe die jaar en weer eens was dit befok! Ons het geklim nou nie so baie soos ander jare nie want dit het gereen en gefokken reen. Die keer het ons bietjie meer gaan explorer daar na Nelspruit se kan toe. Ons was Kaapschehoop toe vir pannekoek en 'n flippen mooi uitsig wat ek nie van geweet het nie. Jy ry reg deur Kaapschehoop tot bo by die kerk en dan loop jy van daar van tussen deur baie boulders tot by die uitsig. Daar is glo ook 'n mooi waterval maar ons was nie daarheen nie. Ons was ook deur Barberton oppad na Chimp Eden. Al die dorppies van die laeveld is flippen mooi en lekker om te explorer. In Nelspruit was ons na die botaniese tuine toe en het ons vir ons drie regte broodbome gekoop vir ons Boven huis jy kry permitte by. By die Boven huis het ons weer lekker tuin gemaak en ook die kombuis uit geverf.





























No comments: